Saturday, July 16, 2011

SO LYK DIE KARNAVAL!

Ek moes op my pos wees by River Art Route, maar het gou na die brass band in die tent gaan kyk, 'n draai by die stalletjies gemaak, en brood en melk gaan koop. As jy egter 'n goeie prentjie wil kry van alles wat vandag tydens die Bergrivier Kanomaraton en Bergrivier Winterkarnaval op sonnige Velddrif gebeur het, moet jy gaan kyk na Amanda Brink se foto's op facebook by
http://www.facebook.com/media/set/?set=a.106891312734817.14314.100002418469128


Hierdie is die snêppies wat ek geneem het:
Rustig onder die bome te midde van die feestelikheid, en net daarnaas...
...die Brass Band. Heerlike klanke.

"Jo-jo, the clown," het hy homself voorgestel. Hy was van diens af, op
soek na 'n koppie koffie. Ek like daai suit.
J.C. Frans, van Laaiplek, het die feestelikheid tot by Spar se deur gevat.
Sy kontaknommer is 078 233 4484.




No comments:

Post a Comment