Tuesday, July 12, 2011

SNUFFEL VELDDRIF SE LEKKER KUIERPLEKKE UIT

VELDDRIF. – Alles wat lekker is, gebeur nie net langs die rivier en by die amptelike karnaval-areas van die Bergrivier Winterkarnaval nie. Al wat leef en beef maak reg vir die makietie wat hierdie naweek die koue moet verdryf.

Uit die program weet ons daar is sop en soetes, musiek, kuns en waterpret, maar kyk maar uit vir die ander kuierplekkies op die dorp – soos Die Stoep, by Voortrekkerweg 137 aan Piketberg se kant van die brug.
Die Stoep, Voortrekkerweg 137.
Erna Greeff (Die Wit Olifant, tweedehandse ware), Sonja du Toit
(Plumbago koffiewinkel), Malanie Kotze (Engela Visser se Sonneblom en Salie
kwekery), Amanda Brink (Amanda's Photo Journeys),
en Marchand Kleynhans (Words tweedehandse boekwinkel).
In die agtergrond wend Kobus Brink wend 'n lagie vars verf aan
om die gebou so vrolik soos die gasvroue op Die Stoep te maak.

By hierdie winkelsentrum met sy kenmerkende dakkappies bo elke ingang kan jy alles uitsnuffel van Velddrif-poskaarte, braaihout, tweedehandse boeke, saailinge, koffie en koek, en tweedehandse ware en snuisterye.  

Sou jy links draai in die rigting van Laaiplek wanneer jy oor die brug kom, kan jy met hond en al verversings gaan geniet by Albatros Teetuin by Voortrekkerstraat 109. Hier kry jou hond water en ‘n beskuitjie sonder dat hy hoef te vra. Hy mag net nie ‘n happie van die hoenders en die eende op die erf vat nie!

In die welige tuin van hierdie120-jaar-oue vissershuisie kan jy aansit onder ‘n 60-jaar-oue bougainvilla, jou tuismaak onder die visserslapa, nader kuier op die agterstoep, of  koop en geniet in die geskenkwinkel. Dit is ook ‘n veilige hawe vir vegetariërs!

Albatros Teetuin, Voortrekkerweg 109.
Hier kry gaste inligting oor die dorp en streek, soos ook 'n entjie verder straat-af by die gewilde kitskosplekkie, Doepies Diner en Takeaways, waar die diens so vriendelik, die kos so goed en die plek so mooi is dat jy jou kos nie wil wegneem nie.

Ondernemings op Velddrif maak dit hul taak om inligting vir besoekers beskikbaar te stel.

Doepies Diner, Voortrekkerweg 113B.
Hier wys Transvalers die Weskus hoe maak
mens chups en vus.
Die nuwe kunsroete by Bokkomlaan, River Art Route, bestaan byvoorbeeld uit vier galerye, wat mekaar onderling bemark met die doel om ‘n besoek aan die dorp die moeite werd te maak vir die kunsliefhebber. Pamflette met inligting oor die roete sal by verskeie punte op die dorp beskikbaar wees. Een van die galerye is River Studio, van Marina Clunie, in Bokkomlaan. (Sien berig hieronder op tuisblad ("Home") vir meer inligting oor die karnavalprogram vir Bokkomlaan.)

Velddrif is ‘n dorp met baie kunstenaars en handwerkers. Een van die bymekaarkomplekke vir hierdie produktiewe klomp is by Classic Touch raamwerk- en handwerkwinkel, waar “Sewende Kerklaan” tydens die karnaval aangebied word. Namibiërs kan hier bymekaarkom om in die vreemde bande te smee.

Kuns verras jou orals. Die kwekery Sonneblom en Salie by Voortrekkerweg 137 hou byvoorbeeld ook kuns aan, so ook Albatros Teetuin by Voortrekkerweg 109; en in Pelikaanhawe (sien karnavalprogram) bied Nellie de Klerk se Artful Things ten alle tye ‘n groot seleksie van kuns aan, en meer as ooit werke word vir die duur van die karnaval hier tentoongestel.
Artful Things, Pelican Harbour.
This giant painting of Bokkom Avenue is one of the attractions at
Pelican Harbour centre. It was made over a period of one week by
 fourteen Velddrif artists, including Nellie de Klerk (in the picture)
 owner of Artful Things gallery and craft shop in the centre.
Sien nuus oor Susan Kemp se kuns by "Velddrif on the West Coast Coast", onder die Nosy Rosy-webtuiste se Weskusnuusblad (http://www.nosyrosy.co.za/our_areas/west_coast).


COMPUTER SERVICES:  Problem solving. Software installation. Data recovery. Conversion of video to DVD, tape and records to LP and CD. Contact Jaco 022-7830438 / 072-1591424

No comments:

Post a Comment