Thursday, June 23, 2011

VELDDRIF BIED MEER AS KOUE WATER EN LIEFDE

Besoekers aan Velddrif en inwoners van die dorp sal vanjaar meer as koue water en liefde vir die sport hê om die geleentheid van die jaarlikse Bergrivier Kanomaraton die moeite werd maak, want die eerste Bergrivier Winterkarnaval word van 14 tot 17 Julie op Velddrif gehou om saam te val met die 50ste Bergrivier Kanomaraton.
     Die maraton eindig vanjaar by Port Owen en besoekers wat gewoonlik net tot by die brug gekom het, sal nou deur die dorp beweeg om by die eindpunt te kom. Hulle sal kan kies uit karnavalvermaak wat aangebied word by Port Owen, Bokkomlaan, die area voor die Munisipaliteit in Voortrekkerweg, Laaiplek,  Soverby Lapa, en Dwarskersbos.
     Daar is natuurlik ook die opsie om self stalletjie op te slaan en lekker besigheid te doen
     Alle besighede word genooi en aangemoedig om promosies, funksies of vermaak gedurende die karnaval aan te bied. Plaaslike ondernemings word so veel as moontlik by die karnaval betrek, om te verseker dat die dorp sal baat by inkomste wat deur die geleentheid gegenereer word. Daar sal byvoorbeeld geen biertent wees nie, omdat alle restaurant, kroeë en ander vermaaklikheidsplekke soos gewoonlik gashere vir die dorp sal wees.
     Navrae oor die program en die moontlikhede wat die karnaval bied, kan gedoen word by die volgende persone:
     Nellie de Klerk, 072-348 6226, Pelikaanhawe (kuns en stalletjies); Chantal, 082-496 8931, Soverby Lapa, Laaiplek hawegebied (erfenis, kultuur en stalletjies); Des en Marina Clunie, 083-415 9524, Bokkomlaan (kuns en stalletjies wat met bokkombedryf verband hou; Sandra Olivier, 073-456 9663; Toerismekantoor, 022-783 1821, area oorkant Munisipaliteit in Voortrekkerweg (kleinsake, toerisme en stalletjies); Port Owen Seiljagklub, 022-783 1923, aktiwiteite op die rivier (bootritte, vlotte, ens.).

Op Jeugdag was Pelikaanhawe‘n vrolike gesig. Plaaslike kunstenaars het vullisdromme geverf om te dien as advertensie vir die karnaval. Mariëtte van Jaarsveld en Susan Kemp het die taak aangepak saam met Nellie de Klerk voor haar kunsgalery en handwerkwinkel in die Pelikaanhawe Winkelkompleks. Nellie, wat die karnavalprogram vir Pelikaanhawe organiseer, loop altyd oor van entoesiasme en het net daar ‘n borg vir die fees losgeslaan toe Johan Gouws, eienaar van Doepies Diner in Voortrekkerweg, oor die pad gestap het om te kom kyk wat op die vakansiedag by haar winkel aangaan. Hy en vroulief Riana, wat sowat ‘n jaar gelede van Pretoria af hul belange na Velddrif verskuif het, is baie bly om te sien die dorp woeker met sy talente en het gretig hul hand in hul sak gesteek om by te dra vir die huur van die klanktoerusting wat die musiekkunstenaars tydens die karnaval nodig het. (Sien foto op ALBUM-blad van hierdie blog, asook berig en foto in Die Weslander.)

Sage Health Shop and Yoga Studio. Structural balancing treaments. (022) 783 2789 / (083) 533 6541


BAMBOOBEE makes her debut at Classic Touch
 
The first designs in the Bamboobee range by Susan Kemp are now available at Classic Touch Framing and Craft, 7 Church Avenue, Velddrif.
These charming fat-girl pictures can now be obtained as prints, decoupage paper and fabric-paint designs, but framed original artworks are also available. Enquiries: Dottie and Ansie, tel/fax 022-7832356, email: ansiem@mweb.co.za. 
COMPUTER SERVICES:  Problem solving. Software installation. Data recovery. Conversion of video to DVD, tape and records to LP and CD. Contact Jaco 022-7830438 / 072-1591424.

No comments:

Post a Comment