My views

PRETTY NINA


Pretty Nina is not just a story. This is the true account of a street dog’s life.



Nina must have run into bad luck. I got to know her in the streets of Laaiplek, next to Velddrif on the West Coast. At the time, she was the “shop dog" of Kekkel and Kraai.
 

She must have been deserted or left behind by accident in Velddrif and landed up among droves of desperate, mangy canines in Laaiplek, some in such bad condition that they have no hair on their bodies – but she survived:  In style, and with integrity.
 

The owners of Kekkel and Kraai in Laaiplek told me they had noticed her on the streets and started to feed her when they realized she had had puppies. They could not take her home, as they already had a number of dogs of their own.  They had her spayed, put out a blanket outside their shop where she could sleep at night, but sometimes she took off at closing time and they could not tell what the rest of her life looked like. As they sell food, she was not allowed inside the shop, and she graciously accepted this. She often begged to get into the car and go home with them at night. It was heartbreaking.
 

When we opened a shop in Laaiplek, we also got to know “Bruno”, as the she was called at the time.  Then she got hit by a car that pulled out in front of the butcher’s and couldn’t be bothered about the dog who had decided to pay her daily respects to the nice butcher, who also used to feed her. Now, this was a streetsmart lady, she had survived on Laaiplek’s goor streets for three years by then. She never stooped to streetdog behaviour, successfully befriended helpful people who looked out for her and returned their favours with dignified friendliness, good manners, and an unusual sense of humour.
 

It was not her fault he hit her. And he did not even stop.
 

The wound on her hind leg would not heal, so this time we were the ones to step in and take her to the vet. This cemented the friendship. By the time winter came, we could not bear the thought of her sleeping outside. Fortunately, just then somebody spent a day at our shop and decided to take her home. We checked with the owners of Kekkel and Kraai and they were also very happy for her. Still, we told the aspiring owner to bring her back home if there was any problem. Never thought it would really happen.

She was so excited to get into the car with someone who cares. It was clear that she understood that she had found a new home. Unfortunately, she killed a turkey at her new home on a farm (what do you expect, having dined at Kekkel and Kraai for years) and the farmer threatened to shoot her if the wife would not get rid of her.

This is a very sad part of the story. I never told the well-meaning new owner just how hurt that dog was (sorry if you are reading this, girl) when she brought her back to Laaiplek. Nina was distraught. You just could’nt imagine how a nice dog like her could have landed up on the streets in the first place, and now history was repeating itself. We cried with her. From then on, she tried to get into OUR car at night. So we closed her in the shop at five, went back later at night to see if she was sleeping or needed to go out, and back there five or six in the morning to let her out early enough to wee and the rest.

Maybe her original owners were involved in a serious car accident while traveling through the area. She is such a good-mannered dog, highly intelligent, always a lady (until the clown in her lets rip). Nobody who brought up a dog like that would desert her. Maybe she got frightened during a thunder storm and ran away.

 
The question of how she became a street dog bothered many a person in the area. A friend told us his late wife also wished she could take her home, but their circumstances also did not allow it. Then one day, Nina was gone, and they were even more confused and concerned, he said.

We should have put her photo and an ad on the shop door or in the newspaper. WE were responsible for her disappearance. No, we did not have her put down…


After the mishap with the turkey, we were even more concerned about her future. Who would take her now? We would have to tell them about the predilection for chickens... We urgently needed to get her off the streets as she was'nt a young dog anymore.

So we shamelessly appealed to a couple who walked into the shop a week after the turkey thing. We were desperate, Nina was desperate after her terrible disappointment. Kekkel and Kraai were also crying for her. Something needed to be done.

Marc and Kirstin didn’t stand chance. We know only too well how hopelessly tender-hearted they are towards animals and we decided they had so many already, one more could not make a difference. So we introduced them to Nina (then still “Bruno”), told them her sad story, stressed the part about her recent heartbreak, and mercilessly appealed to their soft hearts. We also got Nina to do her irresistible crooked smile. Both Kersten and Nina rolled their eyes at Marc and when he patted their heads and said they would discuss it over lunch, we were ecstatic.

We knew they would be unable to resist her.

They took her home to their farm, where the keep a variety of other pets and livestock – and chickens. Marc, however, had the strength to do what was necessary: On arrival, he took her straight to the chicken run and when she set after them, he gave her a good hiding. The result was that she is now leading a charmed life – and she looks left when feathered folk approach from the right, and vice versa. She has an extended family of a number of dogs and cats and horses and a resident medical doctor cum homeopath who looks after her health. She is part of a pampered and spoiled family of domestic and farm animals and is greatly appreciated by her owners.

They named her Nina.  It fits her just perfectly, the pretty thing.



Since posting this story, I have
received this photo of Nina.




PS: Nina died of old age in May 2014 - a happy dog to the end. Thank you, Kersten and Marc. 






Index:  Please scroll down to read older entries.



'N OGGEND VIR KOFFIE

Ek land voor die rekenaar vanoggend, met my lang beker koffie - gelukkig met 'n dekseltjie. Want ek klap hom in die lug in, gryp hom terug, sit hom neer en klap hom nog  'n keer. Vang hom wragtag weer. Nou het ek éérs koffie nodig.

Veral toe ek sien die rekenaarskerm is nou skielik dood. Vroeër sou ek so ‘n skerm (nes die koffie) kon geklap het dat hy sterretjies maak en liewer tevoorskyn kom as die risiko van nog 'n klap loop.

Nog vroeër was daar die handtikmasjiene. Toe kon 'n mens met 'n aggressiewe aanslag jou stres op die ou stywe toetse uithaal terwyl jy tik. By die ou Transvaler-koerant moes hulle die tikmasjiene glo nogtans op die lessenaars vasketting, omdat die joernaliste op saktyd geneig was om die tikmasjiene uit frustrasie by die venster uit te gooi.

Toe rekenaars nog klein swart skermpies met groen skrif gehad het, het ek self daagliks die voorreg gehad om so 'n rekenaar se koppie met 'n lang klap wat jy ver agter gaan haal te slaat dat hy tol, en dan 'n soortgelyke linker ook, tot hy luister. Dit was soos ondervraging onder druk en dit was aanvaarde praktyk by die koerant waar ek gewerk het. Eers wanneer jy hom geklap het totdat hy flou word, het jy die rekenaarafdeling gebel om noodhulp toe te pas.

My nuwe LCD-skerm is van swakker stoffasie gemaak. Hy sou nooit deur die rekenaar-struggle gekom het soos daai ou groenes nie. Ek vat my koffiekoppie dus ferm vas, maan myself tot kalmte en bedaardheid, en bekyk die dooie skermpie. My stoffasie is vanoggend self nie die sterkste nie en gee hom 'n terapeutiese klappie op die boonste randjie (foei, dis maar 'n ou plat koppie, niks plek eens vir 'n plathand teen die kant wat 'n rand is nie). Hy bewe.

Ha-nou, ounooi; hokaai, hokaai. Shhh-shh-shh...

Ek sien die ogies is styf toegknyp, jy sien nie eens die blou liggie aan die onderkant nie. Diagnose: Toe die digbundel op die lessenaar uit die pad van die koffie probeer spring het, het hy teen die rekenaarskerm se ry geheime knoppies gestamp. Ek kan met of sonder bril nooit uitmaak waarvoor daai gekodeerde sogenaamde knoppies is nie en vee dus liefs liggies met die vinger oor die hele rytjie. En dit werk.

Nie deur die krag of geweld nie, is die Bybel se raad. Daaraan is ek selde lus om my te steur, maar kom dit by nuwerwetse rekenaars, het jy geen keuse nie. Goed raak nou darem te veel soos mens (vat nou byvoorbeeld daai digbundel netnou), en rekenaars veral.

Volgende keer vat ek hom health shop toe.



EK WORD 'N LIEDJIESKRYWER

Ek is baie opgewonde. Ek is seker ek kan lirieke vir weskusliedjies skryf.

Dit kom van vroegoggend babbel met die honde en katte en my naaste wat nog baie deur die slaap is, maar dan gewoonlik influisteringe kry wat hom met hoogs vermaaklike bog vorendag laat kom. Ek het nou al 'n lysie van moontlike titels vir liedjies.

Ek sal graag dadelik wil werk aan die idee vir 'n Velddrif-ballade - "Wie't my outboard gesteel?" Ek hoor dit reeds in my agterkop ... "ha-hum" vryf die speurder ingedagte oor sy baard wanneer die ontknoping van die saak hom telkens ontwyk. Hierdie liedjie het dalk nie 'n einde nie. Jy sing tot jou asem op is, en wanneer daar weer 'n outboard gesteel word, gebruik jy net ander name, tyd en plek en gaan sit weer noot in by die aanklagkantoor.

Dis nou nie dat ons op Velddrif sukkel met misdaad nie, maar die volgende song sal die polisie ongelukkig ook baie moet aanhoor: "Ek smag na stilte". Jy sing hom met trane oor die wange wanneer jy terug is by die Polisie nadat jy drie weke na mekaar vir hulle "Ghwarra-doef-doef" gaan sing het, omdat daar weer 'n braaiery en lawaaiery 'n kilometer straat-af van jou huis weerklink.

As die polisie op die lang duur dit nie regkry om die Wet op Buurmanskap af te dwing nie, skryf ek vir jou die "Knak-song", wanneer jou moed breek en jy jou huis op die mark sit.

Ek wil darem ook 'n romantiese liedjie doen, soos "Girls in Rugbytruie", iets wat Hannah Montana moontlik kan sing. Die Antwoord sal dalk in heelwat van die liedjies belangstel, veral omdat die refreine ongelukkig baie voorspelbaar is (hou hierdie blad dop vir 'n kompetisie vir wie kan raai wat die gewildse refrein kan wees).

Ander moontlike titels is "Waar kuier Piet vanaand?" en "My parras is weg" (tuin-parras!)

Die strikvraag is natuurlik of 'n mens die liedjies sal kan publiseer of uitsaai - gedagtig aan plaaslike taalgebruik. Weer eens sal Die Antwoord dalk die antwoord wees.




 PIECE OF MIND

she feels the face
that lives below
it tugs at her heart
and puckers her brow

it comes and goes
comes and goes

the fullmoon face
of eb and flow
that rips up tides
or settles low

wake up the sun
now call to the moon
pull yourself together
break through the swoon

but the mirror cracks
and again and again
there is only two -
the two of you


KINDERS VAN DIE BOKKOMBEDRYF

Die broers Kierietjies (71) en Baal (72) Koegelenberg, van Velddrif, is al 53 jaar lank bokkomvissermanne. Hulle het op die ouderdomme van onderskeidelik 18 en 19 hul nette vir die bokkombedryf laat sak en al het albei van hulle ook loopbane in die pelagiese visbedryf gevolg, was hulle altyd tuis op die rivier en het altyd ook bokkoms gevang.

Hulle het grootgeword in die tyd toe vissers nog, met behulp van seestrome, geroei het waar hulle wou wees – selfs so ver as as Elandsbaai.

Kierietjies en Baal was onderskeidlik 42 en 50 jaar lank ‘n treilvissers. Sedert aftrede het hulle hulle voltyds as bokkomvissers met hul 6m bakkie en 10Pk enjin ‘n lewe gemaak.

Die storie van hul lewens as vissermanne ontplooi soos een verhaal.

Jy moet die rivier, die see en die vis ken om ‘n bestaan te maak, vertel Kierietjie. Die voorkoms van vis hang af van die getye en van die weer, las Baal by. “As bokkomvissmerman moet jy valwater, dooiegety, groeiwater en springgety in gedagte hou”, vertel hulle. “En die see is nie een aand dieselfde nie.”

“Vier dae voor die kwartier van die maan byt die vis op sy beste en kan jy tot ‘n halfton vis vang, maar dan kan daar weer ‘n week verbygaan dat jy niks vang nie. Wanneer die lig te helder is, soos met volmaan, of as die water baie skoon is, loop die vis ook nie.”

Wanneer die vis goed loop, vaar Kierietjies en Baal vanaf Bokkomlaan  met die rivier langs see toe. Hulle vang gewoonlik ongeveer halwe kilometer vanaf Velddrif, na Die Klippe se kant toe. ‘n Mens mag nie verder as 5km van die land af werk nie, maar hulle werk net tot so 2km in.

Harders is geskik vir die maak van bokkoms – klein vissies wat gedroog en gesout word – en bokkomvissermanne kon tradisioneel op die rivier en die see vang. Die redenasie dat die seevis in die Bergriviermonding aanteel en die see se bronne aanvul, maak egter nie vir hierdie twee kinders van die Bergrivier sin nie.

“Die seevis, soos elwe, kom in so ver as wat die see opstoot, maar beweeg saam met die soutwater terug see toe. ‘n Mens sien nooit ‘n teken daarvan dat hulle hier broei nie. Jy sien wel dat varswatervis soos karp, barber, janlappie en springer in die rivier broei.

“Soutwater stoot soms tot by Melkplaas en Swartjiesbaai in die Bergrivier op. Ons het in die verlede al ‘n maand lank seevis gevang by Kleigat, ongeveer 3km in die rivier op. Wanneer die winter kom en die noordewind waai, trek die soutwater terug see toe en daarmee saam die seevis.”

Daar is baie faktore wat ‘n invloed op die lewe van ‘n bestaansvisser het. Dit is ‘n veeleisende lewenswyse. Die visserman is uitgelewer aan die elemente en vangs geskied meesal snags. Daarby is die bedryf ook seisoengebonde. Die vis is skaars in die winter en wanneer die vis in die somermaande loop, moet ‘n mens opmaak vir die maer tye.

Die bokkombedryf, wat altyd ideaal was vir die infomele bestaansvisser, word sedert 2004 geraak wetgewing wat dit moeilik maak om ‘n bestaan as bokkomvisser te maak. Visvang op die rivier is sedertdien verbode en ‘n beperking van twee nette per permit geld. Met vier nette kan ‘n mens maklik ‘n bestaan uit visvangs maak. Daar is ‘n gesegde wat lui dat die visserman wat nie met vier nette genoeg vis kan vang nie, se net skeef is. Die beperking van twee nette per permit stel egter groter uitdagings aan die moderne bestaansvisser.

Kierietjies en Baal het die laaste tyd baie problem met hul boot se enjin gehad. Hulle het soms tot drie dae lank gesukkel met die enjin – terwyl die vis lóóp. As jy dan van die wal af geterg word dat jy die enjin vir ‘n anker moet gebruik en eerder moet roei, dit sal gouer gaan, moet ‘n visserman ook ‘n sin vir humor hê.

Hulle vriende en kennisse van Velddrif, wat al lankal hul gesukkel met die enjin dophou, het egter sonder hul medewete vir hulle geld vir ‘n nuwe enjin ingesamel. Die oorhandiging van hierdie groot verrassing het op Saterdag 9 April plaasgevind, toe die broers onder voorwendsel van ‘n netvisvergadering Bokkomlaan toe gelok is vir die groot geleentheid van die oorhandiging.

 Die samesweerdery het begin by Des Clunie en Dan Ahlers, wat albei besighede in Bokkomlaan bedryf. Hulle het gesien hoe die ou enjin se ratkas soms vol ghries gepomp moes word, pleks van olie, om dit aan die gang te hou. Einde November verlede jaar het hulle besluit om geld vir ‘n nuwe enjin vir Baal en Kierietjies bymekaar te maak. Malan Struwig, eienaar van Suzuki West Coast in Vredenburg, het ook aan boord gekom en aangebied om dit teen kosprys beskikbaar te stel.

Op die ou end het ongeveer 70 individue en besighede van Velddrif R14 000 bygedra om die 15 pK tweeslag-buiteboordenjin vir die broers te koop en hulle het saam met die geskenk ook nog kleingeld en petrolgeld gekry.

Kierietjies en Baal se ouers het ook visgevang en op die rivier gewerk, en later op die see gegaan - in daardie dae nog op kleinbote, wat treknette gebruik het. Hierdie 8-riem skuite van ongeveer 20 voet lank is met behulp van seestrome Dwarskerbos toe en selfs so ver as Elandsbaai toe geroei. Die bote was nog op die rivier toegelaat en die vis wat ingebring is, is by Bokkomlaan bewerk met derms en al (dié krap jy uit wanneer jy die lekkerny eet).

Die broers se ouers en grootouers het is ook oorspronklik van Velddrif en die familie het eers by Spreeuwal naby De Plaat gewoon. Hulle ma was Christina Wilhelmiena, ‘n nooi Theart, en het destyds soms ook saam met hul pa, Marthinus Johannes, bokkoms op die rivier gevang, al was die vrouens se taak gewoonlik om bokkoms te bewerk.

Die bewerkingsproses begin by die week van die vis in baddens soutwater uit die rivier waarby nog sout gevoeg word. Mense wat bokkoms ken, kan sommer met die oog sien of met die hand voel of dit nodig is om die vis skoon te maak deur die binnegoed uit te haal. As hy vet lyk, is sy pens vol, of as jy hom druk en ‘n bruinerige vloeistof uit die vis kom.

Die weekproses duur so twee tot vier dae, waarná die vis in varswater afgespoel word en gesout word. Dan word dit volgens grootte en vissoort in bossies geryg en drie tot vier dae uitgehang om te droog. In hierdie stadium kan ‘n mens dit gaarmaak of vir nog sowat tien dae uithang om heeltemal uit te droog.

Baal is vernoem na sy pa en deel met die ouer Marthinus Johannes die bynaam van Baal. ‘n Mens vermoed dadelik hy moes ‘n “stoute klein duiwel” gewees het. Kierietjies is gedoop Christiaan, maar as ‘n dunbeenknapie het hy sy bynaam by ‘n oom Jan Visser gekry. Die broers vertel dat hul pa hulle soms ‘n in streepsakke in ‘n groot boom opgehys het as hulle stout was – soos toe hulle hul ma se hoenders met die kettie doodgeskiet het. Na ‘n aantal baie vervelige ure in ‘n sak het hulle gewoonlik die hasepad gekies wanneer hulle grond raak en in die veld gaan wegkruip. ‘n Man was natuurlik lank daarna mooi stroopsoet.

Die twee broers se kinderjare was nóú met die Bergrivier en bokkombedryf verweef. In hul kinderjare het hulle met platboombakkies van Velddrif na Agterbaai by Stompneusbaai en na die Die Klippe by Westpoint visfabriek geroei, ook met behulp van die seestrome.

Tussen skoolgaan en kwajongstreke deur het hulle vis gevang in die jare toe daar nog met katoennette vis getrek is. Daar is eers in die begin van die sestigs oorgeslaan na nylonnette.Vóór die sestigerjare, is nette van tot 75 m lank met die hand gebrei en “gebas”, naamlik met die sap van boombas bruin gekleur. Die loodgewigte en kurkdobbers was ook handgemaak.

Kierietjies en Baal kom uit ‘n agtergrond van visvang op grondvlak, of sal ‘n mens sê “seevlak”. Geen wonder hulle kan na al die jare nog steeds die al-slimmer-wordende vis uitoorlê nie.


YELLOW BOY

Ek dink haar naam is Anna. Sy het minute gelede die president soos ‘n ridder laat uitroep. Sy gaan hom ook die nekslag toedien. Alles net soos hy haar gevra het.
………………..
Toe die president se uitroep weerklink, kyk Yellow Boy op. Anna druk haar gesig in die president se nek. Die president slaan sy blik op na die hemele en dank die gode en probeer onthou hoekom hy tot die politiek toegetree het. En die volk se oë gaan oop.
………………..
Toe sy kreet my in die middel van die nag uit ‘n diep slaap ruk, weet ek nie of dit my wyfiekatjie is wat deur ‘n vreemde sluiper lastig geval word of haar vermeende aanvaller is wat vir die kattermaaiery verantwoordelik is nie; en of dit Anna, die president of die volk se stem wat nog uit my droom weerklink nie. Ek vat my flits en my nuwe hondjie en mik versigtig (daar loop skerpioene hier) vir die deur. ‘n Groot pie dreig, maar ek moet tegelyk goumaak en bril opsit terwyl ek in die donker koers kies deur die bosse, want met die terugkom het ek dalk ‘n gewonde kat op hande.

Ná tien minute van struikel deur die donker tuin, met oë wat nog sukkel om te fokus, is ek terug met my stemmige tienjaaroue katjie wat my al die tyd van die stoep af dopgehou het.

In my hang nog die donker verhaal waaruit die kattesirkus my geruk het. Te midde van kommer oor die kat, die gestruikel deur takke wat haak en die geslof deur enkeldiep blare en die onbekende naglewe van die tuin, maan ek die hond tot kalmte, vind met dieselfde ninja-fokus my pad terug deur die donker huis. Ek sak dankbaar op die gemak neer en probeer hand-op-die-hond nog bietjie van die slaap vashou, sodat ek nie Anna se storie moet verloor nie…

………………..

Ja, ek dink haar naam is Anna. A vir Anna (E vir Eva). Wat sou die President se naam wees? Vir Yellow Boy noem almal net Yellow Boy - die president se oogappel.

Die president het sy maters wat om hom hang, kleurvolle karakters wat nie werklik by sy status pas nie, maar hulle het soos ‘n wolkie eie persoonlike vlieë saam met hom gekom toe hy president geword het. Sy eiesoortige, dinamiese karakter het hom die liefling van die volk gemaak. Hulle het hom met sy maters leer ken, hulle het hom met sy maters aanvaar.

Yellow Boy, een van sy sekuriteitswagte, het die nuutste toevoeging tot die President se boesem geword. Wie weet hoekom ons vir mekaar lief word. Met die eerste oogopslag word ons boesemvriende, aartsvyande, of romanties verknog. Dit was so tussen hom en die volk, en so tussen hom en Yellow Boy. Hy is inderdaad ‘n man vir en van vryheid, gelykheid en broederskap, en in Yellow Boy het hy ‘n geesgenoot gevind met wie hy sy leed en vreugdes kon deel.

Sy politiek, tegelyk vriendelik en onvriendelik. Wat reg is, is reg. As jy die werk kan doen, kry jy dit (soos hy wat die president is, dit gekry het!) En as hy van jou hou, kry jy nog meer. As jy verbrou, waai jy. Die volk is sy liefling, en hy is hulle liefling. Hy swaai sy septer en die volk laat hom begaan en kyk liefdevol toe.

Hulle sien nie ‘n man van onbesproke karakter nie.
.……………..
Die koerant het Anna as verslaggewer gestuur vir die president se nuutste gier: Iemand moet by die presidensiële huishouding aansluit en die volk ‘n kykie op hul liefling se persoonlike lewe gee. Anna is aanpasbaar, nie kompeterend van geaardheid nie. Goeie skryfster. Sy sal die president se goedkeuring wegdra en onopsigtelik inpas.

Dag een. Hy lei, sy kyk toe. As jy iets nodig het, vra net vir Yellow Boy. Ja, sê sy, ek ken Yellow Boy goed.

En Yellow Boy hou wag.

Dag twee: Dit is aand. Sy staan op ‘n balkonnetjie in die presidensie se balsaal en kyk na die dansende skare, terwyl sy met die ring aan haar vinger speel. Die president baan sy pad deur die dansers. Hy is in ‘n joviale bui, sy beker loop oor. Hy is die ster van die aand, die leidsman van die volk. Die dametjie in sy arms is reeds klei in sy hande. Jy kan maar sê haar doppie het geklap en nog ‘n klinkklare oorwinning vir die president is in sig. Sy oog vang Anna s’n op die balkon, hou haar blik ‘n paar passies gevange, en dan verloor hulle mekaar wanneer hy sy dansmaat in ‘n draai onder sy arm deur stuur.

Yellow Boy is aan diens.

Op dag drie is sy kierang gebraai. Teen die aand is sy kantoor blou gerook. Anna sit en kyk toe. Hy tob en teug. Sy het nie vrae nie. Die president en sy vriende het die vorige aand almal uiteengegaan, teen dagbreek op verskillende plekke in die presidensie tot hul sinne gekom.

Yellow Boy het onder die president se venster wag gestaan.

Vanoggend het die president en die polisiehoof samesprekings gevoer. Anna het geluister. Hy het niks weggesteek nie. Dwelmhandel is deel van die ekonomie, en pret is deel van sy lewensbenadering. Hy vra nie wat sy gaan skryf nie. Sou hy ooit omgee? Dalk dink hy nie eens meer aan die rede vir haar teenwoordigheid nie.

Toe hy haar daardie aand nader trek, wonder sy wat sý dink. Hoekom dink ‘n mens partykeer net glad nie. Jy steek jou hand uit, of staan op en slaan ‘n rigting in, kyk net toe hoedat jy neutraal oorgaan tot ‘n daad waaroor jy geen mening het nie. Is DIT die betekenisvolle daad, of die een waarvoor jy jou lewe lank voorberei, veldtogte van stapel stuur of nagte oor besin?

Anna druk haar gesig in verwondering in die president se nek. Toe sy uitroep in die slaapkamer met dagbreuk vreugdevol weerklink oor die binnehof, waar Yellow Boy wagstaan, ruk sy van skok.

“Yellow Boy!” roep die president uit.

Yellow Boy kyk op en wonder of sy nog sy ring dra.

En die volk se oë rek toe hulle die koerantopskrifte lees.



WAAR Lê DIE STREEP TUSSEN DOEN EN LAAT?

‘n Vriendin van my kla op haar tydskrif-webwerf oor haar geneigdheid om dinge uit te stel. Ek antwoord langasem dat voorsorg die moeder van beplanning is. Wat jy vandag doen, kan maak dat dinge more uitwerk, sê ek ewe grootbek.
     Die dilemma is natuurlik om van oomblik tot oomblik prioriteite te bepaal.
     “Ai, hoegemaak? Ons soek almal die resep hoe om die daad by die word te sit,” lui my wail-mail aan Vriendin Uitstel-afstel.
     Elke dag het soveel van sy eie kwaad, dat ons gedurig besig is om vure dood te slaan en nie uitkom by wat ons voel ons moet, behoort of wil by uitkom nie.
     Dan lê die antwoord seker in die stel van prioriteite. Hoegemaak, is die boerpotvraag. Ek wonder dikwels of dit nie dalk juis beplanning en voorsorg is wat die probleem is nie. Jy beplan om Maandag stad toe te gaan, dan om ‘n artikel te doen wat Dinsdag moet in wees; dan besluit jy jy sal maar Woensdag die wasgoed was, wat Maandag en Dinsdag oorgeslaan gaan word (elke dag het net soveel ure) en op die ou end doen jy dit Dinsdagaand ingeval dit dalk Woensdag reën. So beplan, en werk, ons onsself in ons peetjie in vooruit.
     Ek kan nie meer deurnag werk om die onmoontlike te vermag nie. Ek het altyd net die een voet voor die ander bly sit totdat ek die berg voor my weggewerk het – selfs deur die nag – terwyl Repelsteeltjie lê erens en slaap het.
     Al daai voorsorg beteken natuurlik dat jy die helfte van die volgende dag verloor, omdat jy te min geslaap het. Ek kan deesdae nie eens meer deurdruk tot nanag nie, wat nog te sê deurnag. Ek raak op my voete aan die slaap terwyl die kwas in ‘n lang slap haal oor die skilderdoek sleep soos my bewussyn my verlaat, of ek val amper in die wasbak tussen die skottelgoed in; het ook al amper agteroor getuimel vanaf die leer waarop ek gesit en verf het. My kop knik kort-kort hier waar ek sit en foutjies regmaak om die blog by te werk.
    Ek probeer dit nou vermy om die onmoontlike aan te pak. Ek probeer om te onthou om myself af te vra “hoe moeg gaan ek daarna wees”. Nes’n mens truuks moet hê om met kinders te werk, moet jy truuks hê om met jouself te werk. “Hoe moeg gaan ek daarna wees?” werk nogal. Dit orden sommer gou-gou my prioriteite.
     My volgende punt van eie orde is: “Wie verwag ‘n kragtoertjie van my?” Is dit my vriende wat dieselfde vir my doen, of is dit iemand met wie ek nie veel van my lewe deel nie? Ek behandel graag almal vriendelik en die beginsels van vriendskap is ‘n goeie riglyn vir alle menseverhoudinge, maar my eie tyd spandeer ek verkieslik op my vriende, want ek kry dieselfde belegging van hulle.
     Dit gaan darem nie altyd oor wie nie, maar ook oor wat, want elke saak het sy eie meriete en dikwels doen jy wat voor hande is. Jy help, want jy is die een wat in ‘n posisie is om te help. Jy help omdat jy kan. Jy hou die leer vas vir iemand, omdat jy die persoon is wat op die regte tyd daar verbystap. So het ek egter eendag ‘n yskas help dra omdat ek die een was wat verbygestap het - vergetende dat ek nou nie juis ‘n kragreus is nie. Die gevolg was ‘n maandelange stywe nek ter wille van ‘n vreemdeling wat sy eie helpers moes gebring het.
     Hierdie gedagtelyn bring ons natuurlik ook by nog ‘n strik waarin ons trap en ons tyd verspeel. Jy doen ‘n ding omdat jy kan. Partykeer is die goed wat ons goed kan doen nes slegte gewoontes. Byvoorbeeld: Jy kan naaldwerk doen, so jy maak vir iemand verniet ‘n rok, of selfs vir betaling (maar jy weet betaling vir naaldwerk is NOOIT genoeg nie. Jy sit altyd meer tyd in as wat jy gedink het jy gaan, omdat die kliënt se nimmereindigende voorstelle, planne en veranderings van planne meebring dat jy die blêrrie ding eintlik tweekeer maak). Nodeloos om te sê jy het al so baie genaai, dat jou nek, skouers en gewrigte in spasma gaan wanneer jy die naaimasjien se deksel afhaal.
     Of jy aanvaar ‘n werksaanbod, hoewel jy nie meer in die betrokke veld wil werk nie, want jy KAN die job doen. Baie van die dinge wat ons kan doen, is nie noodwendig wat ons WIL doen nie. Ons het die vaardigheid dalk aangeleer toe ons nog nie geweet het hoe om keuses te maak wat met ons eie natuur strook nie of dalk selfs nie eens keuses gehad het nie. Wanneer jy jonk is, het jy nog nie veel sê oor jou eie lewe nie.
     Al hierdie dingetjies probeer ek onthou om te keer dat ek myself te moeg maak om by alles uit te kom wat ek absoluut moet doen of absoluut wil doen en daai gevoel van verydeling te vermy wanneer ek nie die IN-mandjie kan leegkry nie. Die geheim lê sekerlik in prioriteite stel, maar hoe moet ons weet waar lê die streep tussen doen en laat.
     Dis ‘n mynveld wat my so deurmekaar soos ‘n sak spykers laat voel. Al raad is seker maar: Doen wat voor hande is, want dis seker wat die lewe se plan met jou i
     Wat sou die enkele goue reël wees? My kinders kom eerste / My werk kom eerste / My diere kom eerste / My gesin kom eerste / My slaap kom eerste / My gesondheid kom eerste / My kreatiwiteit kom eerste / Geld kom eerste?
     Alles kom seker maar om die beurt eerste.


LIFE

The tree of life connects –
with the cosmos
the self
others
everything
is linked to a tree
and the other way round

you may search the branches
dissect the apples
analyse the worms
and study the meaning
or simply be with the tree

still the saps will rise
the winds will change
the tree will grow
and be
important
pregnant with meaning

a haven for birds
a receptacle for moisture
a bearer of fruits
giver of shade
lover of visitors;
welcoming rain
withstanding winds
accommodating winter
and celebrating spring

know it for all this
when it waves at you.



footprint in the sands of time

I was dozing in the winter sun at the beachfront in Britannia Bay when the sands of time blew an idea for a painting across my mind. I saw what looked like building rubble, with a seedling struggling through the old building blocks, a scrap of blue …
"Footprint in the sands of time", by Susan Kemp.
     I had completed a number of paintings that week and decided to tune out in order to tune into new ideas. One way I do that, is to doze off and wait for ideas to come in that half-sleep state. When I woke up, I decided I’d go to the Old Palm Restaurant at Sandy Point Farm, opposite St Helena Harbour, where there was an old ruin under a tree next to the restaurant. I wanted to take some photographs of the rubble. Maybe I could match that up with the idea that came to me.
     I got a perfect match.
     I mixed sand from the beach in front of my house into the first layer of paint and proceeded to do a realistic painting of the close-up picture of the rubble. It looked like an abstract landscape. When Steve Walsh, ex-Blues Broers member and owner of the restaurant, held a bash at the Old Palm, I decided to exhibit some of my paintings. I tried to make a corrugated-iron frame for this painting, but it did not work out. In the nick of time, I discarded it. I was working in Steve’s workshop and rushed to a scrap heap behind the building to search for alternative materials. I found an old, worn-out frame of a sash-window which matched the painting and framed the picture in it. Again, a perfect match.
     Just then Steve arrived and told me that the window belonged to the same ruin on which the painting was based. Seemed like that old house had asked me in my sleep to bring its parts together again.
     When I told painter Corrine Pienaar, of Langebaan (formerly also of Aurora), about the painting, she said Sandy Point Farm used to belong to her husband’s family. They originally shipwrecked in St Helena Bay on the way to the Cape of Good Hope, stayed there for three years, and eventually got a lift to the Cape with another ship. Didn’t like it there and gradually moved up the coast until settling at long last in the same spot they stayed after having been shipwrecked. And that ruin was the first house they erected on Sandy Point Farm.
     The people were drawn back to the land that claimed them in the first place; the window frame returned to its house. History retraced its steps.
      The damnedest thing is how that image stepped into my mind. My explanation for this kind of thing is that artists must have longer (invisible!) aerials than other people and that these aerials reach a cloud of ideas that is always present above our heads and can be tapped into by anyone who has grown his or her aerial long enough through creative practice.
     I have had many similar experiences with art. Some artworks and ideas definitely have a life of their own and the artist who is attentive becomes a medium through which it speaks. It makes life rather magic.
     Some artworks are your own creative children, other artworks are the ideas of other people which you give form to, some are just exercises in skill and sentiment. But some are truly magic… and maybe the rest too, but we don’t always see the magic.



BYE-BYE PIKETBERG, HALLO VELDDRIF

I lived on a farm on the edge of a 45km-wide valley with summer temperatures bordering on 40 degrees Celsius. During the four years I spent there, nothing would have enticed me to leave. Situated against the mountainside of the Piketberg range, where commercial agriculture and fynbos meet, this piece of land was a paradise. The owners restored old labourer’s cottages and built strawbale-and-wood cottages. Nature was left largely untouched, snakes were tolerated, scorpions relocated; birds chased away from the crops, not shot. Fountain-water the gods would be jealous of came straight from the heart of the  Piketberg mountains. In winter, when the farm was clouded in rain, the mountain roaring with waterfalls and the cottage chimneys smoking like dragons, our drinking water was fizzy and white with oxygen.
     Kleinkloof Farm was owned by close friends of mine. I moved there after they had tamed a myriad of things, from the shrew population of just about the entire Piketberg mountain range (they insisted on moving in with the new owners as soon as the houses were completed) to the farm itself - a newborn which was sold off the neighbouring farm.
     It was started from scratch, had no running water, electricity, housing, roads or dam. There are so many stories that need telling – the mountain fire that just missed the houses, the new dam and road that were flooded, the animal friends who came and left, the very wet winter when it rained and rained and we had months of time out, snuggling up to our fireplaces. And so much to do.  All that space, the mountains, the fynbos, the bluegums, the black wattles; snakes, bokkies, scrap metal, wood, clay, stones, rocks, herbs, blue skies. A never-ending source of  inspiration.
     The sad thing is that with al this trekking from the city to the country, happens also the trek back. Some of us cannot, some of us shall not adapt to country life. And for some life itself forever has yet another change in mind: So we  moved. One has to adapt to what life has in store for you and the best way to get to do something is to say you never will. So, we  (were) moved from the Piketberg area to the small West Coast town of Velddrif. I who was known to say I’ll NEVER live in a town again. Ag, ja.
     I held my breath to see how those years on a mountainside had changed me and thanked heavens that I was not holding my breath because of exhaust fumes and stuffy nicotine-filled office air, but rather the coastal air of Velddrif, albeit sometimes fish-factory flavoured.
     But soon the new life became my very own life. Life cannot happen in the bundus only. At first, making a new home was all-consuming. Suddenly it was three months later and I started to feel claustrophobic. I clutched my heart, I needed SPACE. O dear, everything was so dreary, there was no TEXTURE.  Where was my LIFE! (Almost the very same emotion I felt when I moved away from the city and started to miss coffee shops. Back then it was: I need cuppucino and I need it right now!)
     When I first went to live on the farm, I used to get vertigo looking out over the valley to the mountain range on the other side. Then I got used to all that space. Maybe you become bigger yourself in a way when your attention spreads out into nature like that.
Jacqui & Terry's Albatros tea garden.
Engela's Sonneblom & Salie nursery.
    But a few years after moving to Velddrif, what was new once again has become familiar. I am not turning into just another tarred road, it is the road Jacqui and Terry live in; I‘m not merely passing a line of houses on the right, Charlotte and Bossie live there in number 22; that house I admired when I came to Velddrif the first time turned out to belong to my now long-cherished friend Linda… and on the way to my friend Ena’s Health Shop (see the Health page on this blog) I’ll be passing Engela’s nursery and could pop in for our customary quick cup of coffee to catch up on things. After all this wailing about the countryside, I realise the human side can make any new home a sweet one.
Ek en Djy Vissery's jetty in Bokkom Avenue.
     So we carry on the way we have always done: The countryside lures the city folk who need to fill up with what they lack, and they receive us in the city to supply what we need to complete our lives in the towns and in the bundus. The two are just like good friends who support and inspire each other.
     Piketberg is still blooming, without us: My friend Anthea’s art gallery, Vanessa’s excellent frame shop, coffee shops, tea gardens, BandBs, gift shops, museum, lovely church (all our country towns regard that as their best boast!); and the indescribable otherworld of the fruit-growing Piket-Boberg. Velddrif, nestled between beautiful Berg River and the Atlantic Ocean, has given us new friends and dreams and we hope to bloom with it: Birds, fishing, river and ocean; Pizza Palace’s perfect pizzas, Engela’s Sonneblom and Salie nursery and coffee shop, Nellie’s Artful Things in Pelican Harbour on the river bank, Jacqui and Terry’s Albatros Tea Garden with it’s giant bougainvillea, Ella’s Art and Ladies’ DIY, Doepies’s excellent take-aways, Ek en Djy Vissery and River Studio in Bokkom Avenue; and overnight facilities to pick and choose from. (See the Album on this blog.)
Sage Health Shop and Yoga Studio, 47 Waterkant Street, Velddrif. Structural balancing treaments. (022) 783 2789 / (083) 533 6541

Information:

Velddrif:  The Velddrif area includes Laaiplek, Noordhoek, Port Owen and Dwarskersbos. The slow-flowing Berg River snakes through the area and reflects the tranquility of this town which lies 140km from Cape Town. It is a birder’s mecca, the meeting place of waders and fishermen, bokkoms and beaches – and you drive straight into it with the R27 from Cape Town. Accommodation is available in town, on farms, at the sea or on the river. There is plenty to do in the midst of tranquility: Pick from bird-watching, yachting and kayaking; see flowers and whales in season; and visit art galleries, craft shops, coffee shops and tea gardens – even a health shop.  The annual Berg River Canoe Marathon ends here, and the town also hosts a bi-annual Crafts Exhibition in August. Velddrif Tourism Bureau has all the information you need. Call (022) 783 182, or go to Velddrif on Facebook: http://www.facebook.com/#!/profile.php?id=606451975

Piketberg: This town,  in “the valley of fruit, wheat and wine”, lies 125km north of Cape Town on the N7 route and is situated at the foot of the Piketberg Mountains. It is an area of vast contrast and unexpected beauty which comprises rugged mountains and sheltered, bountiful valleys. Surrounded by rolling wheat fields, vineyards, and fruit-growing farms, it is still rich in fynbos and boasts wonderful wines. Driving up the mountain to Piket-Boberg offers a breathtaking view of the region’s large and intensive deciduous fruit- and grain-growing farms. The tarred road is bordered by avenues of tall pine trees and beautiful farms where proteas and fruit for export are cultivated and ends at a gem of a tea garden way into the mountains. Piketberg Tourism Bureau has all the information you need regarding accommodation, wine cellars, arts and crafts and other attractions. Telephone and fax: (022) 9132063 / after hours (022) 9132742 and (072) 3404275. Address: Box 60 , Piketberg, 7320 / Church Street, Piketberg. Email: tourism@piketberg.com. Website: www.piketberg.com.

PAASNAWEEK-TIEKIEDRAAI 

'n Besige naweek begin. Die gaste het aangeland op die tiekiedraai van die middag. Toe ek die laaste dringende foto's met 'n stadige rekenaar vir die koerant stuur, bel liefie en vra dat ek hom by die werk moet kom haal (via die apteek vir 'n pyn), terwyl die honde se kos en sop vir aandete voorberei word en stadig op die stoof dopgehou word. Terug by die huis, was liefie die honde se kosbakke en kry die houtstoof aan die gang en ek spring weg om die hond by haar maatjie te gaan oplaai, op dieselfde tydstip wat die familie aanland, ouma aflaai en dadelik vertrek. Ek jaag daar weg dat die Tata soos 'n go-cart lyk, jaag terug om vir ons almal koffie te maak terwyl ek die hondekos uit die groot kastrol gooi, sodat ek die sop daarin kan oorgooi en op die houtstoof sit om klaar te prut, terwyl ek weer weghol (koffie in die hand) om foto's vir die koerant te gaan neem - by die verkeerde adres, maar tog betyds aanland en op die ou end die notas in die onderhoud gedeeltelik in die donker afneem omdat die krag afgegaan het.Vroeg moeg en teen elfuur al blinkgeskrop, het almal in die huis in 'n losskrum in hul kooie kooie neergestort om tot verhaal te kom en vroeg op te staan vir die volgende dag se take - of kuiers. Hou vas, dis Paasnaweek!


VOORSORG IS DIE MOEDER VAN BEPLANNING

Wie is jou grootste vyand, vra Antie Koekie op die website www.antiekoekie.co.za. Uitstel en afstel, sê sy, en lig dit toe met die Engelse sinonieme uit die RD Complete Wordfinder: Procrastination: temporize, play for time, hesitate, dilly-dally, shilly-shally. Sy noem dit die aakligste kanker wat jou tyd, jou entoesiasme en, uiteindelik, jou sukses steel. Vir solank as ek my verstand het, sukkel ek daarmee, kla sy.
    Ons almal ken daai stryd.
    Ek email terug dat dit juis die vraagstuk van die week was. Dit is mos asof sulke dinge in die lug is soos verkoue en griep; of koors? Skielik spring clean almal wat ek ken heel buitenstyd. En die lewensvraag in hierdie tyd? Hoe kom ‘n mens by alles uit. So baie om te doen, maar so min tyd!
     Net laasweek het iemand my vertel dat realiteit lê in wat jy doen – dit wil sê in dade (action: Pleging, aanvang, vergryping, verwesenliking (my eie wordfinding mission); die lys van nagevolge: Versugting (want ek sou so graag wou), verwerping (jy het belowe jy sou), verwyting (jy/ek het belowe jy/ek sou), vertraging (hoe gaan ek NOU ooit by alles uitkom); en verdomp (pleks ek dit gedoen het!).
     Die slimmes het volgens kwantumfisika uitgewerk dat die handjies moet besig wees, want die werklikheid lê streng gesproke net in wat wat jy DOEN. Nou weet ek hoekom werk beplanning nie – want VOORSORG is die enigste ware vorm van beplanning. Net wat jy vandag doen kan 'n invloed op more hê – nie wat jy vandag beplan en uitdink vir more nie, d.w.s. nie jou lysies nie (daai lysies! en lysies... die een ding na die ander word na die volgende en na die soveelste lysie oorgedra).
     As jy more “beplan” om vroeg op te staan, moet jy vanaand jou wekker stel. As jy weet jy gaan sukkel om wakker te word, beter jy vanaand al jou hare was. As jy weet jy kan nie jou geliefde so vroeg pla deur die lig voor dagbreek aan te skakek nie, beter jy vanaand die nodigste regsit om in die donker aan te trek wanneer jy opstaan. En sit altyd in die aand skoene langs jou bed, want jy moet dalk in die nag in dolle vaart in die donker in die tuin in hardloop omdat daai gekattermaaiery dalk beteken jou katjie is in die moeilikheid (beplanning vir die onvoorsienbare).
     Leef paraat. Dink vooruit. Doen betyds. Hou uit terwyl jy kan. Verf nou, want moreoggend wanneer jy opstaan, is dit droog en kan jy die volgende laag skilder.
    Al manier om dit reg te kry, is om die handjies op te lig. Dit voel tog nie beter om stil te sit nie. ‘n Vriendin het my vertel hoedat sy in haar tienerjare ‘n besluit geneem het om haar gebrek aan entoesiasme vir die lewe en sy eise aan te spreek: Jy kan soggens net sowel opstaan en die dag aanpak, want niks voel enigsins beter as jy net daar bly lê nie.
     Op die keper beskou, moet mens seker vir jouself uitmaak wat jou voorkeure en afkeure is, wat jou verpligtinge en verantwoordelikhede is, en wat jou drome en ideale is. En prakties wees: Doen iets.
     Dit laat mens dink aan die gelykenis in die Bybel van die sewe wyse maagde en die ander onnosel bunch by die bruilof. Toe laasgenoemdes se lampies vrek omdat en hulle nie voorsorg getref het nie, het hulle die paartie gemis.
     Die knelvraagstuk is natuurlik dat jy nie altyd kan voorsorg tref nie, want elke dag hou soveel van sy eie kwaad in. Mens kry mos net ‘n kwart gedoen van wat jy gehoop het om te doen en net die helfte wat jy beplan het om te doen. ‘n Mens moet seker ook maar leer om in die oomblik te leef en te doen wat voorhande is. Vandag is Vrydag. Ek sou vanmiddag geskilder het. Ek sou om die waarheid te sê ek sou Maandag al geskilder het. Toe ek reg staan met die kwas, lui die telefoon en die skrif verskyn aan die muur: Ek moet inspring en ‘n vriendin se lewe terug op die spoor help bring, want die dag het skielik met sy kwaad vorendag gekom.
     Die mens wik en God beskik, is ‘n ware woord. Mens kan maar net van oomblik tot oomblik besluit wat jou prioriteite is, probeer doen wat voor hande is (dis voorsorg op sigself, want dis duidelik die pad wat die lewe met jou loop), en dan kan jy daai gebed van die Alkoholiste Anoniem gebruik – en aapas:
     “Gee my die kalmte om dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om dinge te verander wat verander moet word, en die wysheid om die een van die ander te onderskei; en die krag om nogtans aan te hou totdat ek dit verdomp regkry”.
     Ek sal maar weer die kwas optel. Die vorige laag is droog en alles lê reg vir more. Nou moet ek net gaan slaap en opstaan: Die sesde dag. Ons almal sukkel maar om by alles uit te kom...

 
OOMBLIK VAN WAARHEID


Nuut op die dorp, hoor ek die ouetehuis is so oulik en gaan pastorie toe om te hoor of daar dalk ‘n plekkie vir my ma is. Dis tjoepstil toe ek aan die voordeur klop, maar toe kom 'n jongeling om die hoek en ek vra hom of die baas van die plaas tuis is, menende dis seker die dominee se seun. "Ek's baas van die plaas", sê hy. Toe hy nader kom, sien ek toe dis inderdaad 'n baaaie oulike Kleinbasie Dominee. Hy nooi my in, maak my sit, neem plaas oorkant my en kyk my reguit in die oë soos dit 'n predikant betaam. Ek kry die gevoel ek wil my een ooglid laat sak om my onvanpaste gedagtes te verdoesel, maar dit help ook nie, want dan wil ek vir hom oogknip. Ek vertel toe ek kom verneem oor die ouetehuis. "Vir uself?" vra hy mooi en vriendelik. Nodeloos om te sê, ‘n paar dae later was my motgevrete half-grys haarslierte rooi gekleur en nie veel later nie kort geknip – om die gelaat 'n bietjie te lig.



COOL PLAN VIR DIE WARM PLEK


Die donderwolke het laatmiddag so hoog gestapel gelê na Piketberg se kant toe dat dit sekerlik die gat in die osoonlaag toegedruk het. Ek kon sien my vriende daar het vandag weer saam met die kraaie gegaap van die hitte. Op Velddrif het ons nou seker die laaste van die warmer dae, alhoewel nie van die ergste van die somer nie.
     Toe dit so reg op die einde van Februarie goed warm geraak het hier, wou die mense in Kaapstad by my weet hoe hou ons dit uit. Vir hulle was in daardie stadium 37 grade voorspel, maar na die binneland 39 vir Worcester en teen die kus op 40 vir Vredendal, dan weer 42 vir Clanwilliam.
     Vra jy eger iemand in Clanwilliam uit oor hoe verskriklik warm dit daar is en hoe op aarde cope hulle met die hitte, lag hulle vir jou. Dis altyd warm op Clanwilliam. Om die waarheid te sê, as die temperatuur wel 42 grade sou bereik, vertel hulle jou bes moontlik dis eintlik een van die lekkerder dae vir Februarie.
     Ek het vantevore op Britanniabaai gewoon, waar dit in Februarie soms so warm geword het dat jy nie kans gesien het om in die hitte oor die strand tot by die koue seewater te stap nie. Dan spuit jy jou met klere en al met die tuinslang nat en kruip in die huis voor die waaier weg.
     Hierdie plan het my goed te staan gekom in Piketberg, waar jy die hele somer ook serp dra – nat serpies, om jou koel te hou; waar die temperatuur maande lank nie eens snags onder 30 grade daal nie; waar jy jou katte borselkop skeer en jou hond voor die lugverkoeling vasketting.
     Toe my ma daar vir my kom kuier het, het ons met die gedagte gespeel dat sy ook op Piketberg kan kom woon... tot sy eendag in trane uitbars en snikkend bieg sy sien nie kans vir die hitte nie. Wat nou gemaak? Toe my pa in September vanaf die Suid-Kaap kom kuier, prewel hy net swakkies “it gets as hot as hell here” toe dit vroegoggend 30 grade slaan. Ja-nee, in Piketberg is jy moedeloos as jy in die somer ná die son opstaan, want jy het die enigste genadetydjie, voor sonop, gemis. Dis dikwels warmer as in die Namib, maar dit koel nie eens snags af soos in die woestyn nie.
     En op Clanwilliam is dit altyd nog ‘n bietjie warmer.
     Buurman Piet Bruwer, van die plaas Groenkloof by Piketberg, het ons vertel dat die son in die Swartland die skerpste in die land is. Toe daar in die verlede van papiersakke na plastiekverpakking vir kunsmis oorgeslaan is, is die nuwe verpakkings in die Swartland getoets. Op Groenkloof en op plase in die omgewing van Porterville en Moorreesburg is kunsmis in plastieksakke gestapel en toe dit die son in hierdie geweste kon weerstaan, het hulle geweet die verpakkingsmateriaal was sterk genoeg om die somer in enige ander deel van die land te trotseer. So warm is dit daar.( Clanwilliam is natuurlik 'n bietjie warmer, nê.)
     My vriendin Anthea Delmotte, ‘n kunstenaar van Piketberg, sê egter sý weet wat om te maak: Ons moet siësta hou.
     Vanaf twaalfuur die middag is almal flou van die hitte. Anthea, wat ‘n hoogs produktiewe mens is, ril in weerwil van die hitte by die blote gedagte aan die produktiwiteit wat vanweë die hitte ingeboet word. Almal is die grootste gedeelte van die dag skoon verwelk en begin eers lewe kry vanaf vyfuur die middag, wanneer die hitte effens breek. Sy sien visioene van ‘n feestelike en produktiewe werkstyd saans, wanneer almal uitgerus is ná siësta, maar dit nog warm genoeg is om te werk en ook buitelug- en aandvermaak vir toeriste aan te bied (dit skep sommer ook ‘n nis vir ‘n ekstra besigheidsvertakking).
     As ‘n mens op die warmste tyd van die dag rus, pleks van stroom-op teen die natuur in dwing in ’n agt-tot-vyf roetine, kan jy produktiwiteit in die Swartland verhoog en toerisme uitbrei, verduidelik sy opgewonde.
     Wat dink Clanwilliam, Vredendal, Worcester, Moorreesburg, Malmesbury en Kaapstad ná hierdie somer van hierdie idee?


WêRELDVROUEDAG

Wêreldvrouedag (8 Maart) het verbygeglip, nes al die ander dae. Altyd besig, besig, besig. Ek het 'n handvol vriendinne ge-epos vir kommentaar op die geleentheid en om te hoor hoe hulle die dag graag sou wou gedenk. Ek vermoed egter die meeste van hulle het nog nie tyd gehad om my te antwoord nie. Ekself kom nou eers teen laatmiddag daarby uit om hier iets oor die dag te skryf.

     Jongvroudag, vrouedag, ouvroudag. Ons vier dit elke jaar anders. My een vriendin stel voor ons hou 'n Tienermeisiedag, wat vroue vroeg al bewus kan maak van hoe spesiaal hulle is en dat vrouwees hulle meer mag gee as hele Weermag. 'n Ander vriendin het ongelukkig vandag 'n afspraak by 'n ginekoloog gehad en op so 'n dag wil jy liewer 'n sak oor jou kop trek. Ja, 'n vrou se dag, en haar lewe, het baie fasette.
     Ons het Saterdag by ‘n vriendin se verjaarsdag gekoek en getee en gekraai van die lag, en later besin oor hoe die paartie so twintig of dertig jaar gelede sou verloop het. Party van ons was toe twintig, ander dertig; party vroeg ryp, party laat blommetjies. Elkeen het toentertyd op ‘n ander manier hand-uit geruk. Ek het ‘n week verlof gevat en verjaarsdag gevier tot ek nog ‘n week verlof nodig gehad het om daarvan te herstel. Op elke foto in my album het ek ‘n “ek’s-hier-vir-die-bier” glimlag. Ek hang hand-om-die-lyf met die oulikste ouens. Daai tyd het ek so lekker verjaar, ek wou met alle geweld honderd jaar oud word.

Die gekoek en getee, by Albatros Teetuin,
Voortrekkerstraat 109, Velddrif

     Toe het ons uiteenlopende idees gehad van wat 'n lekker verjaarsdag behels het. Vir een was dit toe ook koek en tee, vir ‘n ander was dit ‘n hoed vol giggelkruid, vir ‘n ander ‘n bottel sjampanje (vir party verkieslik ‘n kis sjampanje!); of fliek en ‘n romantiese ete by kerslig, of die kosbare samesyn met kinders en familie.
     Het jy toe ooit aan Vouedag gedink? Ek was al amper halfpad op pad honderd toe toe ek my kop verbaas skud en bewus word dat daar iets soos Vrouedag bestaan - omtrent dieselfde tyd dat ek "Women who run with the wolves" gelees het en begin oplet het na wisselende hormoonvlakke. Teen daardie tyd moes ek 'n gebroke en uitgeputte hart al ‘n hele paar keer saam abba, totdat hy weer kans gesien het vir die lewenspad. Dis die tyd van die lewe dat jy begin jy mooi werk met jou energie, want dit kom nie meer uit ‘n onuitputbare bron soos jy gedink het nie.
     Nou begin jy eers regtig leef. Jy giggel sonder kruid, gedra jou nes jy wil sonder die bevryding van alkohol, spandeer jou verjaarsdag saam met jou maats want die kinders het hul beurt gehad.
     Ek bel gou my vriendin wat my skewe trui vir my regbrei. Ja, sy het gehoor dis Wêreldvrouedag, maar elke dag is mos vrouedag, want vroue dra elke dag die hele wêreld op hul skouers. Ja-nee, ek stem saam. Vra jy vir vroue hoe hulle Vrouedag sou spandeer as hulle die dag kon afhê, hoor jy dadelik van alles wat hulle sou wou doen. Dit lyk vir my of vroue baie besiger sal wees as hulle kan doen wat hulle eintlik graag wil doen, as wat hulle alles doen wat hulle elke dag MOET doen.
     My vriendin wat voel ons moet 'n Tienerdag vir Vroue hou, wys daarop dat 'n amptelike Vrouedag tog maar deur die politici misbruik word om ter wille van mediablootstelling skynheilige uitsprake te maak, waarop party van ons juig en ander ons koppe skud in wantroue en ongeloof. Die mans piepie hul straaltjie en die vrouens sit op hul tak en sing hul liedjie [en ek skryf op my blog], maar is daar werklik sprake van emansipasie in ons samelewing, vra sy. Die vrou wat byvoorbeeld tot die politiek toetree, verwaarloos dalk haar man en gesin. Het sy dan werklik iets bereik?
     Sy vra nog 'n goeie vraag: Is Vrouedag ook bedoel vir die dronkgat-ma wat haar kinders weggooi, vir die vroue wat kaalvoet (en uiterlik onverfynd) oor die Drakensberg getrek het; of is dit 'n oppervakkige instelling wat geleentheid vir lekker koerantopskrifte en tydskrifartikels gee en party vroue die geleentheid bied om 'n paar honderd rand te betaal om 'n fraaie tee in die stadsaal te geniet?
     Na al die voorafgaande het ek tot die slotsom gekom dat Vrouedag vir ALLE vroue is. Hoe jy die dag gedenk, spreek van wie jy is, hoe jy jouself ag. Vir my was die paar geselsies met my vriendinne die kersie op die Vrouedagkoek (anglisisme and all). Net soos op elke ander dag, is dit die kontak met my vriendinne wat my wêreld reg hou.



LANGNAWEEK OP VELDDRIF 
Almal stop voor óns huis om selfoon te antwoord, u-draai te maak, rigting te vra en water af te slaan teen die bloekoms oorkant die pad. Ek gaan Sannie se Sweet Shop hier oopmaak, of Jakes se Jack-of-all-trades Shop, want hier kan jy enigiets kry en hulp kry met enigiets.
     Ek het so pas brood uit die oond gehaal, dit nadat die groentebaksel wat eerste in was, verorber is. Buite spuit die herstelde besproeïngstelsel Jack papnat, word die ou hond gebad om vars te ruik, en krap die katte gaatjies in die beddings. Die reisiger wat stop, kan dus met die tuinslang afgespuit word, ‘n warm broodkorsie kry en gereedskap aangee om die tyd te verwyl terwyl hy wonder watter kuns hy gaan koop of watter diens hy nodig het. (Trap net mooi in die beddings.)

Oriënteer jouself by Doepies Diner in Voortrekkerweg,
Velddrif. Hierdie kaart van die Weskusstreek is vir
Doepies gemaak deur Susan Kemp en Jaco Taljaard.
     Almal is egter op pad Dwarskersbos toe – hoofsaaklik in die teenoorgestelde rigting – of op soek na vriende wat langs die rivier of êrens elders in of om Velddrif woon. Hulle gaan die naweek lekker kuier saam met die pelle hier weg uit die beskawing waar die Weskussers in die winter kaalbolyf in die snerpende wind vanaf die Atlantiese Oseaan braai en warmmaakgoed drink of in die somer kaalbolyf in die siedendende son braai en koue goed drink.
     Velddrif is groter as wat jy dink en kleiner as wat jy sal raai. Ons winkels het alles van yskaste tot kunsmateriale. Die hardewarewinkels kompeteer met die beste in die stad en die die kunsgoed hier is redelik geprys. Ons het Kaapstad beswaarlik nodig. Kunstenaars skilder hier bootjies en waterkante wat soos soetkoek verkoop. Dis amper al kuns wat verkoop.
     Want dis hoe Velddrif is.
     Local en toeris koop graag kunswerke wat die plaaslike kultuur uitbeeld. Dit skep vir kunstenaars ‘n hele bedryf prallalel met die visbedryf.
     Maar in Velddrif bly ‘n “oorkommer” (van die Kaap se kant af kom jy oor die brug die dorp in) vir die gebore Velddriwwer ‘n oorkommer. Laat jy jouself net vreemd gedra, dan word jy in gekruide taal as sodanige oorkommer uitgekryt. Die dorp is welbekend vir sy kleurvolle taal. Jy weet nie wat vloek is totdat jy Velddrif leer ken het nie. Nadat ek hierheen verhuis het, het ek ‘n ruk lank staaljies oorvertel van hoe mense hier hul taal gebruik, maar my senuwees was later klaar. Jy kan party stories net soveel keer herhaal, en dan raak jy teë daarvoor.

     Soos op party ander dorpe, kan jy ook hier ‘n plakker koop wat sê: “(Velddrif) is a drinking town with a fishing problem.” Dit is so. Op Oudtshoorn het die dorp seker 'n kunsfeesprobleem. Ek kan my voorstel op Stellenbosh het hulle 'n studenteprobleem. Partykeer het ons hier 'n besoekerprobleem. Verder deel ons almal maar die dopsteekkultuur, alhoewel party weet te vertel hulle drink 'n wyntjie, en ander die genieting van whiskey hoër aanstel.
     Hier maak ek kuns, skryf ek en vertaal ek. Ek skilder portrette, maak beelde, gee kunsklasse, illustreer boeke, en vertaal wette en strokiesprente in ‘n kliphuisie in Voortrekkerweg, met bloekoms oorkant die pad en ‘n vlakte tot doer om na te staar. Dis as ‘t ware ‘n gemengde boerdery. En ekke beduie meesal vir die besoeker waar Dwarskersbos lê – gewoonlik elf kilometer terug soos hulle gekom het, want hulle kan net nie glo dat hulle waarlik tot in barre Laaiplek (eintlik maar deel van Velddrif) moet ry nie en dan nog elf kilometer moet aandruk op ‘n pad wat lyk of dit nerens heen lei nie. Dan hou hulle maar aan in die rigting van Piketberg en hoop vir ‘n duidelike wegwyser en afdraaipad na die beskawing.
     Dwarskersbos is ‘n ontwikkeling langs ‘n pragtige, eindelose strand, al padlangs ingedruk aan die see se kant. Ek was vanoggend daar met die honde. Lank uitgestrek lê dit langs die pad tussen Velddrif en Elandsbaai. Jy kan dit nie ‘n dorpie noem nie, want dit het net ‘n karavaanpark, kafee en restaurantjie. Verder lyk dit nes ‘n woonbuurt sonder ‘n dorp. Skoon wees.

     Maar die strand is pragtig en jy kan St Helenabaai aan die een kant in die verte sien, en na die ander kant lê Elandsbaai. Die strand is breed, die water vlak, die uitsig so wyd dat jou gemoed sonder moeite rus vind; so wyd soos die vlakte voor my huis. Velddrif kan baie warm word in die somer, maar op Dwarskers is dit altyd koeler en daar kan jy altyd gaan asem skep op die ergste somerdae.
     Dis waarheen ek reisigers vandag beduie, en om die hoek of straat-af vir brandewyn en Coke. Want die koue Atlantiese oseaan en die son brei hul kinders in hierdie geweste en ‘n man moet iets doen om op te warm of af te koel in die (be)noute tussen die duiwel en die diep blou see wat Velddrif is.


[HIERDIE BLOG-INSKRYWING IS GEBORG DEUR DOEPIES DINER.]



A DOG'S LIFE

When I had a shop in Laaiplek, I witnessed some of the worst cases of “a dog’s life” one could imagine. In the bigger Laaiplek/Velddrif area, I have seen cases of neglect that I wish I could forget.

     Now that Velddrif Animal Care has been established (see this week's Berg River Supplement to Die Weslander), it might be a good time to tell readers about some of the things I have seen here – now that there is hope for change.
     I witnessed an unimaginable case of animal neglect one day when I came across a domestic cat in the street. I thought must have been hit by a car just the, as part of its face was missing and it was sitting hunched up in the street, blood dripping on to the road. I was differently informed by a neighbour of the cat’s owner, who told me it had cancer and the owner was not willing to have it put down (which is something I normally would not regard as an option). In this case, I took matters in my own hands and loaded the cat into my van to take it to a vet. I was stopped by the owner, however, who insisted on having it back.
     She said she could not bear to lose it – but she obviously could bear to see it bleeding freely from a misshapen face half eaten away by cancer. “But he can still eat”, she wept, “I can’t bear to be without him”. She also said she could not afford to take it to a vet.
     For the following two weeks, I cried uncontrollably every time I got into the shower and prayed for time to take the edges off this memory. I could not share the experience with others, because it would upset them also. Now that Velddrif has its own Animal Care Unit, animals and animal owners like these might be able to get some help.
     Twice I have had neighbours who moved into the house, chucked the dog in the backyard, and proceeded to have no interaction with it ever. They would mostly throw chunks of old bread through a back window or fill its water container with a hosepipe through the security gate. I used to cook extra every night and throw food over the wall and let down buckets of water with a rope for them to drink from.
     I did not care that they might get fed too much, but I would if they ate too little. I don’t need to tell you these dogs also had no shelter to sleep in at night or hide from the sun in the day. Both showed marked improvement in condition (very necessary in both cases) after I started feeding them.
     I was also the only living being they had any form of interaction with, as I would greet them every time I got home and pat their heads a little over the wall, which was too high for any more attention than that.
     The first unfortunate doggy neighbour was a young Labrador and he used to devise a variety of games to entertain himself. Then they moved away and the new dog nextdoor was an old mongrel, who was rather aggressive at first, but soon learnt to appreciate a good neighbour. I was able to follow up on him after I had moved and found him to be thin and weak. I made arrangements with a domestic servant on the premises to feed him regularly with pellets I supplied. But then the owners moved away…
     A year later, I got my first dog ever at the age of 50. And I am totally paranoid that she would get lost and land up in situations like the above. When she was a year old, I also became the stepmother of two welfare cases, who were the victims of cruelty and lack of attention. It is so sad to see the damage these beautiful dogs have suffered – especially compared to the pampered little princess who was brought up by me and has no clue what physical or emotional insecurity, personal danger, cruelty or hunger means. 
     The Animal Care Unit brings us hope.

Mealtime, for old and young.
From left: Roxy, Brenda and Sheilagh.


 


























DIT WAS ‘N AAND VIR BOKKOMLAAN

Ek wou met die honde by Bokkomlaan gaan stap, maar vanaand is dit die ene babas en brakkies daar. Almal het dieselfde gedagte as ek gehad en in die vlak water gaan plas en baljaar ná die warm dag. My hondekinders moes vanaand volstaan met stofwolke opjol in die agterplaas.
     Sou ek hulle vir ‘n bietjie oefening Bokkomlaan toe vat, sou elkeen van die drie haar eie soort hond se gedagtes gekry het. Die twee skaaphondjies ly elk aan ‘n eiesoortige onvoorspelbaarheid. Albei is as volwasse wesies aangeneem. Die een kom uit ‘n agtergrond van erge mishandeling in haar jeug en die koppie van hierdie lieftallige ou tefie hy kap ‘n bietjie aan. Buite die erf se hekke voel sy maklik oorweldig en kan paniekbevange die hasepad kies.
     Die ander enetjie het die airs ‘n graces van ‘n stadshond, ever so grend en weet hoe om just so aan ‘n tou te stap. ’n Mens wonder egter hoe die eerste helfte van haar lewe verloop het, want sy kan in ‘n oomblik benoud stroom-op neuk sonder dat jy kan raai wat jy kon gedoen het wat haar paniekerig kon maak.
     Die jongste van die span – ‘n Husky/Alsation-nooi – is van kleins af soos ‘n prinses op die hande gedra. Sy glo só vas sy is baas, dat haar twee seniors ook daarvan oortuig is. Vreedsaam en ‘n vredemaker, lieftallig en sagmoedig; ‘n hart soos ‘n hotel; maar ook met ‘n vaste oortuiging dat sy gelyke sê in sake het en sy oefen verkieslik haar gewaande veto-reg uit. Nie ‘n goeie idee wanneer Bokkomlaan besig is nie.
     Vanaand lê hulle dus in die stowwerige sand en afkoel en wag vir iets om voor te blaf (nie dat hulle mag lawaai nie, maar toemaar). Hulle neusies druk in die lug, want Bokkomlaan lê net hier anderkant. Die bries vanaf die rivier hoef net oor ‘n paar Cape Honesuckle-bosse en ‘n heining te sweef, dan raak die luggie skraal hier by ons en word slapende honde wakker.
     As ons vroeër kon gaan stap het, sou die aanstellerige enetjie nie nou kort-kort kom skimp het dat die kos dalkies bietjie min was nie, of is daar dalk ‘n korsie brood in die blik oor? Mallekoppie lê met die tongetjie half uit op die stoel en skeel kyk van die vaak ná haar lekker groot bord kos, maar laat sy net ‘n skarnier in die buurt hoor klaag, dan maak sy vir die voorhek asof sy wildewegholpille vir aandete gekry het. Sy laat ‘n stofwolk soos ‘n kar wat op ‘n grondpad jaag om die bottelstoor op die dorp voor toemaaktyd te haal.
     En Lady Jane? Sy lei my aan die neus. Kom in met die stert vriendlik-lui swaaiend. Hallo-hallo, Ma. Wat maak jy da? O, is-iiit! Wee-jy wat, kom kyk bietjie hier; ja hier, kom, kom, ek gaan wys jou gou. Daar’s iets…
     Beter maar gaan kyk, want sy het werklik iets op die hart. Met my aan haar stertpunt lok sy my uit die ateljee, deur die sitkamer; in die kombuis kyk sy om en maak seker ek kom. Kom-kom, word jy op die stoep vertel; kom-kom. Daar’s iets… Deur die donker erf, verby die garage; ooo-demmit, hier is sweerlik iets. Ek moes ‘n stok saamgebring het. Ja, sure, hier IS iets: Die voorhek en die straatligte en die teerstraat, word jy beduie; links uit by die hek, stel sy voor; dan dadelik weer links by die bruin Bokkombedryf-bordjie, sien jy? Dan reguit af Bokkomlaan toe... het jy dit?
     Forget dit.



EK SPEEL WAGHOND IN LAAIPLEK

Die apie sit en droom in die mik van ‘n rooikrans-boom en die bobbejaan kom met sy stert so krom, en die apie sê vir hom: Weet jy wat sien ek nou die dag in Laaiplek! ‘n Omie parkeer sy bakkie en sleepwa, met twee koei-tannies agter op, oorkant die straat van my winkel.
     Eerste stap verby vyf seuntjies. My sesde sintuig laat my regop sit. Sowaar, hulle begin lelik praat met die koeie, waai die armpies. Ek sit stil, maar op my merke. Toe dreig hulle, en toe tel hulle klippe op.
     Nou kom die gedeelte wat ‘n mens nie behoort oor te vertel het nie, maar soos ‘n ander bekende storieverteller altyd gesê het: Ek wil dit sê en ek gaan dit sê. Ek pyl stil-stil soos ‘n Alsation oor die straat en voor die tweede klip val, is ek op hulle: Al wat ek wil doen, is om hulle aan die kele te gryp, maar ek hou maar by blaf. Ek skel hulle lelik en onverfynd, dreig hulle met geweld, bevraagteken met gepaste kragwoorde hulle gedrag en skreeu in moderne terme hulle moet sogenaamd voertsek huis toe, of ek draai hulle nekke om.
     Gedra my sleg, maar ek kry lekker.
     Hulle spat in alle rigtings. Met die terugstap kyk ek oor my skouer en sien hoe streep hulle op die sypaadjie agter my verby, in volle vaart op pad huis toe. Dis maklik om kinders te boelie. Dis ook maklik om diere te boelie, veral weerlose koeie wat opgehok is. Die skyf was duidelik te maklik en hulle kon dit nie weerstaan nie.
     Tweede stap verby ‘n volwasse man, maar dronk. Ek staan nou wag in die winkeldeur. Ja-nee, daar stop hy, swaai die arms vir die koeie – en begin hulle vloek. Buurvrou is ook nou al by (ek het baie aandag getrek). Sy het kontakte op dié dorp, vertel hom by naam hy beter nie moeilikheid soek met die diere nie, en hy steier gelukkig voort.
     Derde stap ‘n span tienerseuns spesiaal oor die straat na die koeie toe. Hulle staan kyk, koppe dié kant, dan daai kant. Ek staan reg. En daar begin die een op die fiets, lig die arm, skel die koei. Kan dit wees? Hulle ALMAL neuk met die diere. In die agtergrond stap vrouens en dogtertjies op die sypaadjie verby.
     Nou stap ek net ‘n paar tree nader, vou my arms en maak my stem dik: “Hei, los uit my koeie!” Hulle slenter onwillig weg.
     Net daarná kom die eienaar van dier en voertuig terug met sy yskas wat hy gou gaan koop het en met groot verligting sien ek hulle uit die dorp ry.
     Later die middag kom ‘n dogtertjie van die omgewing by my inloer. Sy kom gereeld kyk waarmee ek my besig hou. Hierdie keer bring sy ‘n jonger nefie saam. Gesels so bietjie, vertel my wat sy naam is. En om my gerus te stel dat hy nie met goed in die winkel sal peuter nie (ek moes háár al daaroor aanspreek), vertel sy dat hy ‘n soet kind is. Hy het mooi maniere ook – hy vloek nie eens sy ma nie.
     Dit span die kroon op die middag.

No comments:

Post a Comment